Boodskap van die Hoofbeampte maande later is dit tyd om dankie te sê!
Wen groot pryse in die GEMS Sisonke Kompetisie
GEMS Swangerskap-program - Maak jou swangerskap soveel makliker
GEMS welwees-dae - Bring jou regstreeks beter gesondheid
GEMS WEB SMART: Wellness online - Jou gids tot beter gesondheid
Aandag
Stuur u ID-besonderhede aan ons
Hernuwing van dienskontrak: Maak seker die administrasie is op datum!
Drie maande agterstallig: Die voordeelgevaarsone
Meld bedrog aan
Friends of GEMS - nou selfs beter!
Ons is halfpad deur 2009 en stewig in winter se greep. So saam met die korter, kouer dae hoop ons hierdie uitgawe van Facets, die tweede in 2009, bring u 'n bietjie warmte en gemoedsrus.
Lede het geesdriftig gereageer op die nuwe voorkoms van Facets en ons hoop jy vind hierdie uitgawe prikkelend, interessant en bruikbaar.
Ware verhale
Gedagtig daaraan dat al die bedrywighede van GEMS daarop gefokus is om ons meer as 350 000 lede gelukkig en gesond te hou, is dit nogal verbasend dat ons so min ware verhale - dikwels met gelukkige eindes - van ons lede hoor. Die verhaal van Mzimasi Ngqelu wat letterlik by die dood omgedraai het, het onlangs by ons kantoor opgedaag. Ons was almal diep geraak oor die impak wat GEMS op Mzimasi se lewe gehad het, maar ek gaan nie nou alles verklap en die storie bederf nie. Lees sy inspirerende verhaal op bladsy twee.
In hierdie uitgawe stel ons ook Sisonke, ons eie ledekompetisie bekend wat deur Mzimasi se ervaring geïnspireer is. Ons wil graag hê u moet vir die kompetisie inskryf, want ons wil hoor hoe GEMS u lewe geraak het.
Nuwe dienste - GEMS raak al hoe beter in 2009
Hoewel ons nog net halfpad deur 2009 is, het ons reeds 'n hele paar nuwe lededienste ingestel. In hierdie uitgawe kan jy meer lees oor ons spesiale Swangerskap-program wat op 1 Mei 2009 bekendgestel is om swanger lede bystand, inligting en raad te bied in elke stadium van swangerskap en ook na die geboorte.
Ons het die GEMS welwees-dae ingestel wat ondersoekdienste na u werkplek neem. Nog 'n diens wat in hierdie uitgawe bekendgestel word, is die SMS Benefit Lookup en lede word aangemoedig om dit te gebruik. Al wat jy hoef te doen om uit te vind watter voordele jy geniet voordat jy 'n eis instel, is om 'n SMS aan jou skema te stuur en ons stuur binne sekondes die vereiste inligting terug!
Elk van hierdie nuwe dienste word later in hierdie nuusbrief meer volledig bespreek - lees gerus meer daaroor. Met die opstel van hierdie boodskap het ek soos altyd my bes probeer om aan lede te toon dat GEMS voortdurend streef na uitstekende dienslewering. Lidmaatskap groei steeds en ons lede word beskou as, en behandel soos persone wat die heel beste verdien.
Ek hoop u geniet hierdie uitgawe van Facets en tot volgende keer - bly warm en gesond.
Mnr Mzimasi Ngqelu se lewe het drasties verander sedert die dag dat hy byna dood is in 'n motorongeluk. Ngqelu, Adjunk-direkteur: Kommunikasie, Departement van Openbare Ondernemings en lid van GEMS het onlangs weer daardie dag intens beleef toe hy 'n finale rekening vir die mediese onkoste deur die pos ontvang het.
Ek het skielik besef dat ek nooit die volle yslike bedrag van R180 000 hospitaalgeld uit my eie sak sou kon betaal nie" vertel Ngqelu. "Die groot bedrag wat GEMS betaal het om die hospitaalgeld te dek, het verseker dat ek die beste behandeling gekry het. En dit het my lewe gered," sê Ngqelu aangedaan.
Nadat hy die finale faktuur ontvang het, wou hy GEMS bedank vir hulle bystand. "Die feit dat ek geen blywende beserings van die insident oorgehou het nie, herinner my daagliks dat GEMS tot my redding gekom het - en dit nadat ek skaars 'n jaar lank lid van GEMS was."
Op die dag van die ongeluk, 8 Oktober 2007, het grys wolke 'n storm voorspel. Na werk ry hy in sy Nissan Micra van sy kantoor in Hatfield, Pretoria na sy huis in Centurion. Net verby die hoek van Hofmeyer- en Bothalaan jaag 'n motor oor 'n rooi verkeerslig. Hy onthou die geweldige slag toe die motor die passasierskant tref. Toe raak alles donker. Byna bewusteloos onthou hy dat hy 'n plakker van GEMS op sy voorruit het. "Min het ek geweet hoe noodsaaklik daardie plakker in my tyd van nood sou wees."
Blykbaar het 'n bystaander Netcare 911 gebel en Hannes Bosman, 'n senior paramediese noodhulpbeampte van Unitas Netcare Hospitaal het na die toneel gehaas. Bosman onthou nog die ongeluk. "Dit het begin reën terwyl ons gesukkel het om Ngqelu te bevry uit die frommelstaal wat eens sy motor was. Toe ons die plakker sien, het ons geweet ons kan hom na die beste en naaste hospitaal neem en daar sal geen oponthoud wees soos wat soms die geval is met pasiënte wat nie lid van 'n mediese fonds is nie."
Bosman en die dokters het nie gedink Ngqelu sal leef nie. Die dokters het aan sy familie gesê die moontlikheid bestaan dat hy nie sal bykom nie en al herwin hy sy bewussyn, kan hy aan geheueverlies ly of verlam wees. Maar almal het Ngqelu se veggees onderskat. Na twee weke in 'n koma in die
Intensiewe Sorgeenheid van die Unitas Netcare Hospitaal het Ngqelu sy bewussyn herwin - en sy brein het normaal funksioneer.
Hy is oorgeplaas na die rehabilitasiesentrum vir beserings in Kensington, Johannesburg waar hy fisioterapie ontvang het en sielkundige evaluering ondergaan het. In Januarie 2009 was hy, teen die dokters se verwagting in, fiks genoeg om terug te keer werk toe en hy sê sy lewe het ten goede verander.
Ek heg groter waarde aan die lewe en het selfs my vrou ontmoet" voeg hy by. Hy is in November verlede jaar met 'n kollega, Nqobile
Hy geniet nou sy nuwe lewe en moedig soveel mense moontlik aan om by GEMS aan te sluit. "Baie dankie nogmaals GEMS. Julle het nie net 'n verskil aan my lewe gemaak nie; julle het my lewe help red" sluit hy af.
Ons kondig met trots 'n uitsonderlike kompetisie aan. Een wat net vir jou geskep is! As jy lid van GEMS is, kwalifiseer jy outomaties om in te teken en dan staan jy 'n kans om 'n gesogte prys te wen. Jy kry die geleentheid om jou verhaal met ander GEMS lede, jou kollegas en bowenal met ons te
Wat behels die kompetisie?
Mzimasi Ngqelu se verhaal was vir ons almal by GEMS so 'n groot inspirasie dat ons besluit het om nog lede aan te moedig om hulle spesiale stories met ons te deel. Het iets miskien gebeur waar GEMS tot jou redding gekom het wat ander ook moet hoor?
Het GEMS jou beïndruk met hulle diens, flink optrede, 'n vriendelike stem oor die telefoon of 'n onverwagte helpende hand;
iemand wat net daardie ekstra myl of twee gee vir jou en jou geliefdes?
Het die feit dat jy lid van GEMS is jou lewe of die lewe van een van jou familielede gered? Of het jou lewe en gesondheid merkbaar verbeter sedert jy lid van GEMS is?
Wel, ons wil graag hoor van die positiewe ervarings wat jy gehad het as 'n lid van GEMS. As jy jou verhaal met ons deel soos wat Mzimasi Ngqelu gedoen het, kan jy moontlik 'n prys wen! Jy hoef nie 'n baasskrywer of storieverteller te wees nie; jy moet net 'n goeie storie hê.
Hoe skryf ek in?
Dis so maklik! Stuur ons net 'n faks, e-pos of brief per pos waarin jy jou positiewe storie vertel. Jy kan in enige van die amptelike tale skryf - ons sal alles lees!
Onthou om jou naam, kontakbesonderhede en lidmaatskapnommer in te sluit.
Stuur jou brief aan GEMS Sisonke Kompetisie, GEMS Privaatsak X782, Kaapstad 8000; faks jou brief na 0861 00 4367 (merk dit vir aandag: GEMS Sisonke Kompetisie); of e-pos jou brief na competition@gems.gov.za.
Wat kan ek wen?
As dit vir jou goed klink, maak seker jy skryf in vir die GEMS Sisonke Kompetisie. Ons sien uit daarna om van jou te hoor! Die GEMS Sisonke Kompetisie begin 1 Julie 2009 en duur tot einde Augustus 2009.
Vir meer inligting oor bepalings en voorwaardes vir die kompetisie, besoek www.gems.gov.za.
maak jou swangerskap soveel makliker
Ons maak met trots bekend dat begunstigdes nou by die nuwe GEMS Swangerskap-program kan aansluit. Die program is op 1 Mei 2009 bekendgestel en voorsien bystand, inligting en raad aan swanger begunstigdes deur al die stadiums van swangerskap asook na die geboorte.
Hoe werk die program?
Die program word gelei deur gevallebestuurders wat ervare, opgeleide verpleegsters is met bykomende kwalifikasies in verloskunde. Hulle sal jou help met die registrasieproses en hulle kan in enige stadium van jou swangerskap vir raad en inligting genader word.
Voordele van deelname aan die program
Jy kry 'n GEMS swangerskap- en geboorteboek met belangrike inligting vir verwagtende moeders.
Moeders kry 'n praktiese geskenkpakkie van GEMS! Dit word aan lede gestuur wat in die derde trimester van hulle swangerskap is.
Begunstigdes ontvang 'n persoonlike sorgplan met besonderhede oor die kraamdienste wat GEMS goedgekeur het.
Jy het toegang tot gesondheidsinligting wat jou help om saam met jou dokter of vroedvrou besluite te neem oor keuses aangaande jou gesondheid en bevalling.
Telefoniese raad en bystand is beskikbaar indien jy tydens die eerste paar weke van ouerskap probleme ondervind.
Let wel: Die program is gratis vir lede en die gebruiklike kraamvoordele geld steeds. Die program bied lede baie voordele maar vervang nie die goeie mediese raad en sorg wat lede van hulle dokters ontvang nie.
Hoe registreer ek vir die program?
Jy moet registreer sodra jou dokter jou swangerskap bevestig het. Om te registreer of om verdere inligting te kry kontak GEMS by 0860 00 4367 of stuur 'n e-pos na enquiries@gems.gov.za.
Hoe dikwels moes jy al inderhaas die voordele van jou mediese fonds bevestig? Ons weet dit kan soms dringend wees en ons het lank gedink aan 'n oplossing vir die probleem.
Jou voordele kan nou vinnig en maklik deur SMS bevestig word. Stuur 'n SMS aan GEMS in die voorgeskrewe formaat (sien onder) en binne sekondes kry jy 'n SMS antwoord wat jou voordele bevestig. Let daarop dat die kort kodes vir lede van Sapphire en Beryl verskil van dié van Ruby, Emerald of Onyx lede. Net nog 'n blink idee van GEMS wat gesondheidsorg binne jou bereik plaas!
Hoe werk dit?SMS net die volgende inligting na 33489 (elke SMS kos R1.50):Stap 1: Sleutel in Benefit.Stap 2: Sleutel in jou GEMS lidmaatskapnommer.Stap 3: Kies die voordeel wat jy wil bevestig uit die tabel onder (NB slegs een voordeelkategorie kan per SMS bevestig word).Stap 4: Sleutel die kort kode uit die lys hier onder in.Stap 5: Sleutel jou afhanklikheidskode in (die kode verkyn agter op jou lidmaatskapkaart onder Name, bv. 00,01...). As jy die hooflid is, sleutel 00 in.Stap 6: Druk stuur op jou selfoon.Stap 7: Wag 'n paar sekondes op die antwoord van GEMS.
As jou SMS boodskap nie slaag nie sal jy 'n antwoord van GEMS kry wat die rede daarvoor gee. Jy kan die fout regstel en 'n nuwe SMS stuur om die inligting te kry wat jy verlang. Kontak asseblief die GEMS Oproepsentrum by 0860 00 4367 met enige navrae. Elke SMS kos R1.50.
GEMS het vanaf 1 Mei 2009 welwees-dae vir departemente bekendgestel. Lede sal baat vind by hierdie gerieflike geleentheid om by hulle werk professioneel ondersoek te word vir bestaande of onderliggende gesondheidsrisiko's. Ons doel is om lede in staat te stel om vroegtydig bewus te raak van gesondheidsrisiko's sodat die ontwikkeling van die siekte voorkom of verlig kan word.
Staatsamptenare wat huidiglik nie lede van GEMS is nie kan ook van hierdie unieke diens gebruik maak.
Wat gebeur op 'n welwees-dag?
Op uitnodiging van jou departement sal professionele GEMS gesondheidsorgbeamptes 'n welwees toetsplek by jou departement opstel. Al die werknemers op die perseel sal dan gedurende die dag vrywillig gesondheidstoetse kan ondergaan.
Die gesondheidsorgbeamptes sal jou mediese geskiedenis persoonlik met jou bespreek en toetse uitvoer. Uitslag van die toetse en jou mediese geskiedenis sal individueel bespreek word en jy sal raad kry oor wat jy verder moet doen.
Werknemers hoef nie afsprake te maak op die GEMS welwees-dag nie aangesien die gesondheidsorgbeamptes by die vasgestelde toetsplek aan diens sal wees. Hulle kan maar net gaan aanmeld! Op die dag sal kop- en nekmasserings ook vir alle werknemers voorsien word as verdere toegif van jou uitstekende mediese fonds.
Werknemers wat deelneem aan die welwees-toetse sal ingelig word oor hulle persoonlike gesondheidsrisiko's en wat gedoen moet word om gesondheidsprobleme te verhoed of te verlig.
Watter toetse sal uitgevoer word?
Werknemers sal versoek word om 'n eenvoudige vraelys oor hulle mediese geskiedenis in te vul sodat die gesondheidsorgbeampte insig het in hulle risikoprofiel voordat hulle getoets word. Die volgende vrywillige toetse sal uitgevoer word:
Bloeddruk
Bloedsuiker en cholesterol (een prikkie op die vinger vir hierdie toets)
Gewig en lengte met indeks van liggaamsmassa
Mate van middellyf
Voorligting en raad wat op die toetsdag voorsien word
In deel twee van ons WEB SMART reeks vertel ons jou meer van die My Wellness afdeling wat onlangs op die GEMS webwerf ingestel is. Dit voorsien al die inligting en raad oor gesondheid wat jy nodig het. Jy het toegang tot insiggewende welwees artikels en 'n uitgebreide mediese biblioteek oor simptome, siektetoestande, prosedures en medisyne. Vind die onderwerp van jou keuse deur gebruik te maak van ons maklike soekstelsel. Die noodhulpsentrum verskaf raad oor vinnige optrede in die geval van 'n noodtoestand. Jy kan selfs leer om die simptome van 'n hartaanval te herken en hoe om noodhulp toe te pas.
Volg net hierdie eenvoudige aanwysings om in te skakel.
Maak jou websoekenjin oop.
Op die tuisblad van die webwerf, net onder die kennisgewingblokkie sien jy die 'My Wellness' skakel met 'n prentjie van twee gewigte.
Klik op hierdie skakel vir toegang tot die 'My Wellness zone' wat toegang verleen tot:
onderwerpe oor welwees n omvattende mediese biblioteek die noodhulpsentrum
Benewens die Fonds se Raad van Trustees en die bestuurspan, is daar vyf Raadskomitees wat toesig hou oor die werk wat in verskeie areas gedoen word. Hulle voer hulle pligte uit met jou belange op die hart. Jy kan gerus wees dat jou mediese fonds in bekwame hande is.
Hierdie komitees is:
BedryfskomiteeVerleen hulp aan die Raad om doeltreffende bedryf van die Fonds te verseker met a soos insamel van bydraes, eisuitbetalings en bestuur van lederekords. Hierdie komitee help ook die Raad met bemarking en kommunikasie.
Ex Gratia komiteeOndersoek, besluit en doen verslag oor goedkeuring van die ex gratia uitbetalings; d.i. uitbetaling van lede se eise waar gewone voordele nie beskikbaar is nie. Streng kriteria is toepaslik wanneer die komitee een keer per maand vergader om versoeke vir ex gratia uitbetalings te oorweeg.
Bestuurs-, Risiko- enVerseker dat die Fonds se sake doeltreffend bestuur word deur te
Insethouerskomiteeverseker dat die Fonds geen wette oortree in die uitvoering van sy pligte nie. Die komitee verseker ook dat risiko's vir die Fonds se sake uitgeken en behoorlik gehanteer word en dat die belange van alle insethouers behoorlik beskerm word.
Dispuutkomitee Oorweeg en beheer onafhanklik enige dispuut wat die Hoofbeampte na hulle verwys vir beoordeling.
Dit is belangrik dat lede die ID besonderhede van hulle afhanklikes aan die Fonds voorsien. Ons het die inligting nodig om seker te maak dat ons eise reg uitbetaal en dat ons lederekords volledig en op datum is. Stuur asseblief 'n afskrif van jou afhanklikes se geboortesertifikaat of ID dokument na Premiebestuur, Privaatsak X782, Kaapstad 8000 of faks dit na 0861 00 4367, of stuur 'n e-pos na enquiries@gems.gov.za
Indien u op tydelike, vaste of roldienskontrak in die staatsdiens is, is dit belangrik dat die vereiste administrasie op datum is wanneer die kontrak hernieu word en dat dit op die betaalstelsel is.
Indien nie, word u salaris moontlik nie betaal nie en sal GEMS nie die bydraes tot die mediese fonds kan kollekteer nie. Dit kan tot gevolg hê dat u voordele gestaak word en dat eise vir u mediese onkoste nie gedek word nie.
Wanneer u kontrak hernieu word behoort die betrokke personeeldepartement te bevestig dat die betaalstelsel vir werknemers op datum is sodat u GEMS lidmaatskap sonder enige onderbreking voortgaan.
Die tydsberekening van al hierdie stappe is uiters belangrik en jy moet met 'n GEMS agent praat indien jy enige probleme ervaar.
GEMS kollekteer maandeliks bydraes deur salarisaftrekkings wat deur die werkgewersbetaalstelsel (meestal Persal) gedoen word.
Indien jou maandelikse bydraes nie opbetaal is nie (d.i. agterstallig is), kan GEMS ook die agterstallige bedrag deur middel van elektroniese salarisaftrekking doen. Aftrekkings geskied outomaties sonder dat jy enigiets hoef te doen. Maar as jou bydraes vir langer as drie maande nie inbetaal word nie, kan ons dit nie meer elektronies aftrek nie omdat die betaalstelsel dit nie toelaat nie.
Wat jou te doen staan as jy vir langer as drie maande 'n bedrag aan GEMS verskuldig is: Versoek jou personeeldepartement om handaftrekkings van jou salaris te maak om die agterstallige bydraes te betaal. Jy kan ook die GEMS Oproepsentrum by 0860 00 4367 bel en vra vir 'n 0189 brief wat jy dan na jou personeeldepartement kan neem. Die 0189 brief sal verduidelik wat gedoen moet word.
ONTHOU: Indien jou bydraes nie ten volle opbetaal is nie kan dit lei tot die opskorting van jou voordele wat weer beteken dat jou eise moontlik nie uitbetaal word nie.
100 646. Ons opgeleide voorligters is beskikbaar om jou by te staan en u oproep sal vertroulik bly.
Indien u enige bedrogpleging vermoed, kontak die GEMS noodlyn wat deur KPMG hanteer word. Moet nie huiwer om enige verdagte aktiwiteite by die noodlyn aan te meld nie, aangesien dit 'n onafhanklike, anonieme diens is. Die tolvry noodlyn is 24 uur per dag, sewe dae van die week beskikbaar. Doen die regte ding!
Volg hierdie stappe om bedrog aan te meld:
Skakel 0800 21 2202 (gratis).
U kan anoniem bly. Gee volle besonderhede oor die insident aan die operateur. Hierdie detail kan insluit: wie, wat, hoe, waar, wanneer en die waarde wat betrokke is.
U sal 'n verwysingsnommer ontvang. Bewaar dit, want u kan dit in die toekoms nodig kry.
Friends of GEMS, 'n diens wat jou in staat stel om per SMS 'n bekostigbare gesondheisdiens in jou voorstad op te spoor, is nou selfs beter! As daar nie so 'n diens in jou voorstad is nie sal Friends of GEMS outomaties een in 'n buurvoorstad opspoor. Plaas net die versoek en laat ons die opspoorwerk vir jou doen.
Hoe soek jy na 'n gesondheidsdiens met behulp van Friends of GEMS?
Stuur net 'n SMS na 33489 in die volgende formaat: Jou lidmaatskapnommer, beskrywing van gesondheidsdiens, voorstad en stad.
Jy sal onmiddellik 'n antwoord ontvang met inligting oor gesondheidsdienste in jou gebied.
Bel die GEMS Oproepsentrum by 0860 00 4367 of besoek die webwerf vir verdere inligting.
Van tyd tot tyd loods die Skema die een of ander aktiwiteit om van groter waarde vir sy begunstigdes te wees.
Ons is tans besig met 'n loodsprojek van netwerk spesialiste in KwaZulu-
Natal. Die doel is om koste effektiewe oplossings te vind vir die hoë koste verbonde aan hospitalisasie deur doeltreffende vergoeding aan dokters vir die lewering van aanvaarbare kliniese dienste te bied.
As u enige van die spesialiste wat betrokke is by die loodsprojek gaan besoek, sal hulle jou inlig oor hulle deelname voordat hulle jou of jou begunstigdes behandel.
As jy in 'n Medi-Clinic hospitaal opgeneem word, moet u by die Skema vasstel of daar genoeg voordele beskikbaar is. Medi-Clinic het aangedui dat hulle GEMS lede mag versoek om bybetalings te doen.
